Boere moet kennisgewings op toegangshekke plaas

Die Namibiese Landbou-unie sê hy kry van tyd tot tyd klagtes van lede dat persone van staats- of ander instellings net opdaag op ’n plaas om met werkers te praat. Hulle eis dan onmiddellike toegang asof ’n plaas nie privaateiendom is nie. Volgens van die unie se lede, maak veral vakbonde, politici en lede van streeks rade hul hieraan skuldig. Die unie beklemtoon dat slegs arbeidsinspekteurs het volgens wet die reg om in uitsonderlike gevalle verrassingsinspeksies op plase uit te voer. Die NLU het regsadvies ingewin en boere wat die probleem ervaar kennisgewingborde by die toegangshek aanbring wat aandui dat die plaas privaateiendom is en dat reg van toegang voorbehou word en toegang slegs kan geskied met vooraf toestemming van die grondeienaar.