FIMA-bepaling: Hoe wil GRN hê ons moet werk skep?

Daar word groot kritiek op sosiale media platforms teen die bepaling van die nuwe FIMA-wetgewing, dat net 25 persent van pensioenfondse voor die aftree-ouderdom van 55 geneem mag word. Talle Namibiërs sê dat die regering al ewig jonger mense opdrag geen om hul eie werksgeleenthede te skep, om klein besighede oop te maak en op te bou. Van die kommentaar sluit in dat mense gereeld hul werk bedank en dan hul pensioengeld wil gebruik om in ‘n eie besigheid te belê en sodoende werk te skep. Dit is vanaf 1 Oktober onmoontlik meen hulle. Sommige sê ook dat die staat moet ophou beslag lê op goedere van informele handelaars en kapana-handelaars toelaat om goedkoper vleis uit die noorde na die sentrale gebied te kan bring om hul winsmarge te verbeter.