Black Lives-aktiviste koop herehuis met skenkingsgeld

Volgens ‘n berig van die New York Magazine het drie Black Lives Matter-leiers, Patrisse Cullors, Alicia Garza en Melina Abdullah, na bewering 6 miljoen Amerikaanse dollar, wat aan die aktivistegroep geskenk is, gebruik het om ‘n 6 500 vierkante voet herehuis te koop. Die drie het reeds bedank. Die huis is glo in Oktober 2020 gekoop met fondse wat aan die Black Lives Matter Global Network Foundation geskenk is. Daar word berig dat daar gepoog is om die nuus van die aankop geheim te hou, ten spyte van die drie voormalige lede wat na bewering ‘n reeks YouTube-video’s geplaas het waar hulle buite die landgoed eet en drink. Die beweging sê glo die eiendom is eintlik vir ‘n kampus bedoel maar, media in die VSA vra hoekom daar na meer as 17 maande geen vordering daarmee gemaak is nie.