Binnelandse sake reik volmag uit vir agente

Die Namibiese ministerie van binnelandse sake stel ‘n formele volmag in vir alle agente wat optree namens kliënte wat aansoeke by die ministerie indien. Die volmag sal vanaf 19 April van krag wees. Die nuwe volmag sal dienslewering, deursigtigheid en kliënte beskerm. Die ministerie het verneem van agente wat onbehoorlike voordeel trek uit kliënte wat vir nasionale dokumente wil aansoek doen, deur buitensporige heffings te hef of valslik beweer hulle het kontakte in die ministerie. Die ministerie se woordvoerder, Margaret Kalo verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus…