FBI-lêers: Koninging Elizabeth se lewe was op VSA-besoek bedreig  

Nuut-vrygestelde FBI-lêers toon ‘n potensiële bedreiging teen koningin Elizabeth in 1983 toe sy die Verenigde State besoek het. Die dreigement is gemaak aan ‘n polisielid van San Francisco wat ‘n gereelde besoeker aan ‘n Ierse kroeg in die stad was. ‘n Man het vir hom gesê hy wil wraak neem vir die dood van sy dogter in Noord-Ierland, wat destyds met separatistiese konflik geteister was. Die koningin se kleinneef, Lord Mountbatten, is vier jaar tevore in ‘n bomontploffing deur die Ierse Republikeinse weermag dood. Haar besoek het sonder voorval voortgegaan.