Cyril gee magte aan elektrisiteitsminister

President Cyril Ramaphosa het ʼn proklamasie onderteken wat magte en funksies aan die minister van elektrisiteit, Kgosientsho Ramokgopa, oordra as deel van pogings om die elektrisiteitskrisis die hoof te bied. Ramokgopa is nou by magte om die verkryging van nuwe opwekkingsvermoё te bestuur en elektrisiteitsvoorsiening te verseker. Die woordvoerder van die Presidensie, Vincent Magwenya, sê die minister sal nou met Eskom saamwerk om beurtkrag te beëindig en die Energie-aksieplan onverwyld in te stel.