Eskom: Beurtkrag-fases sal die naweek wissel  


Eskom het fase 5-beurtkrag ingestel van vanmiddag tot môre-oggend vyfuur. Daarna sal die fases oor die naweek wissel. Eskom sê pogings is aangewend om eenhede by sekere kragstasies te herstel terwyl daar by ander steeds onderbrekings is. Die nutsdiens se woordvoerder, Menzi Mngomezulu, sê beduidende veranderings kan voorkom en opdaterings sal verskaf word.