Expend4bles oorheers Razzie-toekennings

Sylvester Stallone se Expend4bles het met sewe die meeste benoemings gekry vir die Golden Raspberry Awards, ook bekends as die Razzies. Die rolprent is benoem as die Swakste Fliek, en vir die Swakste Ondersteunende Aktrise en Akteur – Megan Fox en Stallone onderskeidelik. Gesamentlik in die tweede plek met vyf benoemings elk, is The Exorcist: Believer, en Winnie the Pooh: Blood and Honey. Die benoemdes is deur die 1 179 rolprentliefhebbers, -resensente en joernaliste wat vir die Razzies stem aangewys. Die wenners word op 9 Maart aangekondig.