Uitleenlopende rolspelers gesels vanaand oor veediefstal, stropery

Die Namibiese Landbou-unie, en verskeie ander rolspelers word geloof vir ‘n geslotedeur vergadering wat vanaand by die unie se kantore in die hoofstad in verband met stropery en veediefstal plaasvind. Die misdade het boere amper 220 miljoen Namibiese dollar tussen 2015 en 2020 gekos en die voorkoms van die misdade neem toe. Vanaand sal die Paaiowerheid se uitvoerende hoof Conrad Lutombi met Khomas-polisiehoofde, Khomas-boere en selfs die Stadspolisie vergader. Padblokkades, hommeltuie, reserviste, boerewagte, buurtwagte en meer sal onder die loep kom.