Haley sê sy, nie Trump nie, kan Biden in November klop

Die Republikeinse voorverkiesing vanaand in New Hampshire oorheers die nuus in die VSA. Dis basies Nikki Haley teen Donald Trump. Haley het in Salem in die deelstaat met ondersteuners gepraat en sê sy het ‘n baie groter kans om Joe Biden in die November verkiesing te verslaan.