EU wil verdediging verskerp

Die president van die Europese Kommissie, Ursula von der Leyen, dring aan op groter militêre onafhanklikheid vir die groep van lande, ná die Afghaanse ramp. Haar aankondiging volg op ‘n strategiese militêre alliansie tussen die VSA, Brittanje en Australië om beter beheer in die gebied van China uit te oefen. Von der Leyen sê in haar jaarlikse toespraak in die Europese parlement oor die stand van die EU, die val van Afghanistan waartydens Amerika sy militêre magte onttrek het en veroorsaak het dat ander lande ook ontruim het, laat diep en kommerwekkende vrae ontstaan. Sy voeg by ‘n Europese Verdedigingsunie is nou nodig: