Hoop dat kabinet woeker met nuwe bosbou-wet

Die Namibiese Landbou-unie sê hy hoop die nuwe wetsontwerp oor bosbou sal binnekort deur die kabinet goedgekeur word. Die wetsontwerp bevat regulasies in verband met veldbrande. Die huidige wetsontwerp spreek net brande in staatsbeheerde gebiede aan. Volgens die unie, sou die nuwe bepalings goedgekeur word, sal verskeie maatreëls om brande te voorkom, wat brandbane en meer insluit, verpligtend word en beheerde vure moet aangemeld word. Tussen Mei en September vanjaar het 99 veldbrande voorgekom en meer as 580 000 hektaar is verwoes.