Landbou – ondersteuning, subsidies en meer…

Drie agentskappe van die Verenigde Nasies het ‘n beroep op regerings oor die hele wêreld gedoen om hulle steun aan landbousektore ‘n prioriteit te maak. Volgens die agentskappe is die meeste subsidies in die vorm van prysaansporings en die benadering verwring voedselpryse, en kry die belange van groot landbou-besighede voorkeur tot nadeel van kleinboere. Dr Kobus Laubscher, ‘n bekende landbou-ekonoom het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die kwessie van subsidies, veral in ‘n plaaslike verband.