Eskom verander vanaand beurtkrag na fase 3

Eskom het aangekondig beurtkrag sal vanaand verminder tot fase 3. Dit is weens ‘n mate van herstel in opwekkingsvermoë oor die afgelope 24 uur. Fase 3 sal voortduur tot vyf-uur môre-oggend en daarna sal fase 2 tot Maandagoggend van krag wees. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, doen ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners om hulle kragverbruik te verminder en alle nie-noodsaaklike toestelle af te skakel.