Geingob: Namibiërs moet leer uit die foute van die verlede

Namibiese President Hage Geingob het by Staatshuis aan leiers van politieke partye gesê Namibiërs moet leer uit die foute van die verlede, en verwys na die Epupa-hidrokragprojek wat in die 1990’s nie ontwikkel kon word nie, weens van ‘n gebrek aan konsensus met die plaaslike gemeenskappe. Hy het gesê die Kunene-streek sou vandag ‘n heeltemal getransformeerde streek gewees het, met klinieke, werksgeleenthede en infrastruktuur, as die hidrokragprojek ontwikkel is. Die President het gesê die Groen Waterstofprojek moet deur Namibiërs omhels word as ‘n belegging in die toekoms van die land. Ekonoom Salomo Hei het sy mening in dié verband so verwoord.