Onderwysminister sê geen registrasiefooie by staatskole

Die Namibiese onderwysminister, Anna Nghipondoka, het dit vandag in die Nasionale Vergadering duidelik gemaak dat geen staatskole vir ouers moet vra om registrasiefooie te betaal nie. Oor die afgelope jare het staatskole dit verpligtend gemaak dat registrasiefooie in ‘n nuwe skooljaar betaal moet word. Nghipondoka sê skole wat oortree, sal met die onderwysminsiterie te doen kry.

Die minister het ook oor die kwessie van ongekwalifiseerde onderwysers gepraat.