Eoin is tevrede met sy besluit om af te tree

Engeland se Wêreldbeker-kaptein, Eoin Morgan, sê hy is tevrede met sy besluit om sy internasionale loopbaan vaarwel te roep. Die 35-jarige Morgan sê hy wou Engeland later vanjaar by die T20-wêreldbeker in Australië aanvoer, maar hy sukkel die afgelope 18 maande met sy algemene spelpeil en fiksheid en dit het hom van plan laat verander. Morgan sê dit was nie ‘n maklike besluit om te neem oor dit wat sonder twyfel die genotvolste en bevredigendste hoofstuk van sy loopbaan sou wees nie: