Aborsies kan, vir nou, in Texas hervat

Aborsies kan in Texas hervat word nadat ‘n regter amptenare verhinder het om ‘n byna eeu-oue verbod af te dwing. Die tydelike beperkingsbevel deur regter Christine Weems in Harris County het as ‘n laaste poging deur aborsieverskaffers gekom om dienste te hervat nadat die Amerikaanse Hooggeregshof Vrydag die 1973 Roe v. Wade-beslissing omvergewerp het. Die beslissing het die reg van vroue om aborsies te bekom, gewaarborg. Die jongste bevel laat klinieke toe om dienste te hervat, vir nou, in ‘n deelstaat waar aborsie reeds ernstig beperk is tot slegs tot ses weke van swangerskap onder ‘n nuwe wet wat in September in werking getree het.