Een Covid-sterfte op Oshakati aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het een Covid-sterfte van ‘n 64-jarige vrou op Oshakati aangemeld, asook 174 nuwe Covid-gevalle uit 933 toetsuitslae aangemeld, wat ‘n positiewe koers van 18,6 persent verteenwoordig. In die groep is 27 leerders van verskillende skole, agt gesondheidswerkers en een onderwyser. Daar is nou 2 726 aktiewe gevalle, waarvan 64 pasiënte in hospitale in 11 streke is en vyf in hoësorgeenhede. Altesaam 23,5 persent van die teikenbevolking van 60 persent is ten volle ingeënt.