SA Pluimvee-vereniging ontken hoenderboere maak reuse-wins

Die Suid-Afrikaanse Pluimvee-vereniging ontken bewerings dat hoenderboere wins maak ten koste van verbruikers. Hoenderpryse het die afgelope dekade jaarliks met minstens tien-persent gestyg en die afgelope jaar met tot 17 persent. Die vereniging se woordvoerder, Izaak Breitenbach, sê die pryse van pluimveeprodukte word in die eerste plek opgejaag deur verhogings in voerpryse en ook deur die stygende koste van vervoer en elektrisiteit. Intussen sê die stigter van die FairPlay-beweging, Francois Baird, die lae pryse waarteen hoender ingevoer word, word nie deurgegee aan verbruikers nie.