Namibiese artefakte kom terug vanaf Berlyn

Altesaam 23 artefakte van verskillende Namibiese gemeenskappe in die Etnografiese Museum in Berlyn, het na Namibië terugkeer. Die artefakte sal deel vorm van die nuwe Museum van Namibiese Mode op Otjiwarongo. Esther /Gôagoses, die direkteur van erfenis en kulturele programme in die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, en twee afgevaardigdes het verlede week na Berlyn gereis om die artefakte terug na Namibië te bring. Die president van die museum, professor Hermann Parzinger, sê die artefakte is deel van ‘n versameling van 1 400 artefakte in hul besit in Berlin.

Projek Berlyn se mede-leier, Julia Benter vertel hoe sommige artefakte dalk in Berlyn opgeëindig het.