Duitsers bekommerd oor ‘katastrofe’ in Afghanistan

Duitsland se nuwe minister van buitelandse sake, Annalena Baerbock, het beloof om saam met internasionale vennote te werk om, wat sy noem die ergste humanitêre katastrofe van ons tyd, in Afghanistan af te weer. Duitsland probeer verseker hulp van buite bereik die mees behoeftige Afghane. Hulle wil ook die ontruiming uit die land van diegene wat die ergste deur die Taliban bedreig word, veral vroue en meisies, verhaas. Vier-en-twintig-miljoen Afghane het na raming hulp nodig om hierdie winter te oorleef. Ongeveer 15 000 mense wat Duitsland ingestem het om in te neem aan die einde van die militêre betrokkenheid, is steeds in Afghanistan waar hulle wag op ontruiming uit Afghanistan.