Zambië begin met versterkdosis, inenting van kinders

Die Zambiese gesondheidsminister Sylvia Masebo sê die land sal volgende week Maandag met versterkdosisse begin en kinders tussen die ouderdom van 12 en17 sal ook ingeënt word. Tot op hede, het Zambië nog nie kinders teen Covid ingespuit nie. Volgens Masebo, is haar ministerie se primêre fokus steeds algemene inentings omdat daar tot dusver net 15 persent van die geteikende bevolking bereik is. Haar ministerie teiken 70 persent dekking teen Junie volgende jaar. Die land het in die jongste syfers 3 380 nuwe gevalle bevestig met ‘n kumulatiewe totaal van meer as 225 000.