Bewaringsgroep kritiseer GRN oor Fukuseki Mari-vernietiging

Die Namibiese regering het groot kritiek uitgelok met die vernietiging van die Japanese vissersvaartuig, die Fukuseki Maru, wat naby die Ugab-rivermonding in Maart 2018 teen die rotsbank gestrand het. Die vaartuig is laat Donderdag middag met ‘n groot ontploffing verwoes nadat drie kleiner ontploffings die wrak opgebreek het. Nadat die vaartuig in 2018 nie gered kon word nie is dit as ‘n wrak verklaar en op 17 April van daardie jaar, het maritieme owerhede opdrag gegee dat die vaartuig binne 90 tot 180 dae verwyder moet word. Meer as 60 ton olie is destyds verwyder maar, ‘n verdere 10 ton wat hidrolise- en enjinolie ingesluit het, was volgens berigte steeds op die vaartuig. Media by die kus berig dat owerhede sê die vernietiging het minimale impak op die natuur gehad en daar was net 50 liter olie op die vaartuig, maar volgens Lüderitz Marine Research, is olie ure na die ontploffing in die gebied gewaar en verskeie voëls wat met olie bedek is, is op die stande gevind. Die groep sê hy is tans werksaam in die gebied. Op sy sosiale media platforms vra hy ook hoekom meer as 1 340 dae verbygegaan het sonder dat enige stappe in verband met die opdrag vir vernietiging, en die potensiële besoedeling wat daarmee gepaard gaan, nie geneem is nie.