Dudu Myeni kry borg na arrestasie

Die voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens se raad, Dudu Myeni, gaan op 17 November vir die tweede keer in die landdroshof in Richardsbaai, KwaZulu-Natal verskyn. Myeni en ‘n voormalige direkteur van Sondolo, Trevor Mathenjwa, is vroeër vandag in hegtenis geneem en is elk borg van 10 000 Suid-Afrikaanse rand toegestaan. Die Nasionale Vervolgingsgesag sê Myeni en Mathenjwa staan tereg op aanklagte van korrupsie en bedrog. Die woordvoerder, Sindisiwe Seboka, sê dit hou verband met voordele wat van Bosasa en sy filiaal, Sondolo, aangebied en ontvang is: