Mudge kap na regering oor situasie in land

Mense wat kos soek het onlangs op die liggame van drie babas afgekom, wat die kwessie van babastortings weer na vore gebring het. In die mees onlangse geval is die lewelose liggame van tweeling-seuntjies by die Kupferberg-stortingsterrein in die hoofstad gevind, en vroeër die maand is die liggaam van nog ‘n baba in ‘n vullisdrom by Rocky Crest gevind. Kosmos 94.1 Nuus het die president van die Republikeinse Party, Henk Mudge gepols oor beide nuusberigte en die lewe deesdae in Namibië, in die lig van president Hage Geingob se leuse van ‘niemand sal in die Namibiese huis agter gelaat word nie’.