Burkina Faso arresteer bevelvoerders

Burkina Faso se militêre regering hou vier offisiere gevange wat verdink word van hul betrokkenheid by ‘n gefnuikte staatsgreeppoging. Twee ander het op die vlug geslaan. Die beamptes se identiteit is nie bekend gemaak nie, maar bronne dui op hooggeplaaste bevelvoerders onder diegene wat in hegtenis geneem is. Die ontwikkeling volg amper ‘n jaar ná die militêre leier, Ibrahim Traore, se staatsgreep, deels aangevuur deur ontevredenheid oor die hantering van jihadistiese dreigemente.