Dringende hulp nodig by Omitara/Hochveld-brand

Boere in die omgewing van die Omitara/Hochveld-brand het dringend hulp van die publiek nodig om te help met brandbestryding. Hulle veg sedert die begin van die week teen die verwoestende vure in die gebied wat al sowat 70 000 hektaar afgebrand het. Volgens ‘n boer in die omgewing, Waldo van Rensburg, is die veldbrand ver van onder beheer af.