Beurse vir Namibiese studente aangebied

Die Arysteq-stigting van Arysteq Asset Management en Simonis Storm Securities wat deel is van die Lexus-groep, bied beurse aan passievolle, hardwerkende, nuuskierige en oopkop leerders wat wil kwalifiseer in aktuariële wetenskap of rekeningkunde en ekonomie. Hulle moet toelating tot ‘n universiteit in Namibië of Suid-Afrika hê en Namibiese burgers of permanente inwoners wees wat uit ‘n voorheen benadeelde agtergrond kom. Die beurs sluit in onderrig, boeke, reis en verblyf vir die 2022 akademiese jaar. Theo Klein van Simonis Storm Securities sê verlede jaar is ses beurse aan studente toegeken.