Suid-Afrika besig om vierde Covid-vlaag te betree

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes sê Suid-Afrika is besig om die vierde vlaag Covid-19 te betree, met sewe provinsies, insluitend Gauteng, KwaZulu-Natal, en die Oos-Kaap wat ‘n volgehoue toename in Covid-gevalle sien. Die instituut sê die persentasie positiewe gevalle in Gauteng het die afgelope twee weke dramaties toegeneem, en kan ‘n teken wees van die begin van ‘n wydverspreide uitbreking. Die instituut sê provinsies sal die begin en einde van die vlaag op verskillende tydperke ervaar. Hy voeg by die nuwe Omikron-variant is reeds in 19 lande wêreldwyd opgespoor.