Dlodlo op pad Washington toe, na Wêreldbankraad

President Cyril Ramaphosa sê die voormalige minister van staatsdiens en administrasie, Ayanda Dlodlo, sal een van drie raadslede wees wat die belange van 25 Afrikalidlande by die Wêreldbank verteenwoordig. Sy is aangestel as ‘n uitvoerende direkteur van die Wêreldbank se raad in Washington. Ramaphosa se woordvoerder, Tyrone Seale, sê die president het Dlodlo voorspoed toegewens met haar nuwe verantwoordelikheid: