Egskeidings: Wetsontwerp is goed en sleg

Kommentaar oor die nuwe egskeidingswet in Namibië het Maandag gesluit. Die minister van justisie, Yvonne Dausab sê die wetgewing moet aangepas word om die huidige gronde dat iemand in die huwelik fouteer het, te verwyder. Egskeidings sal ook vinniger gefinaliseer word – op die oomblik is daar ‘n tien-week wagperiode, en daar sal ook makliker en goedkoper toegang tot howe wees. Dianne Hubbard van die Regshulpsentrum sê daar is baie goeie bepalings in die nuwe wetgewing maar, daar is ook wat kommer wek, veral in verband met eiendom.