Djokovic beklink eerste oorwinning in Dubai

Die wêreld se nommer een, Novak Djokovic, het gisteraand by die Dubai Aksynsvrye Tenniskampioenskap sy eerste wedstryd van die seisoen beklink. Die Serwiër het ondermeer vyf kishoue geslaan om met ‘n oorwinning van 6-3 en 6-3 af te reken met die promotorskeuse van Italië, Lorenzo Musetti. Djokovic se teenstander in die tweede ronde is óf die Rus, Karen Khachanov óf die Australiër Alex de Minaur. Intussen het die wêreld se voormalige nommer een, Andy Murray van Brittanje, die kwalifiseerder, Christopher O’Connell van Australië in twee-uur-51-minute met 6-7, 6-3 en 7-5 verslaan.