Putin beweeg in Donetsk en Luhansk in

Die Britse minister van verdediging, Ben Wallace, het Rusland daarvan beskuldig dat hy die afgelope 48-uur voortgegaan het om die aantal troepe op die grense van Oekraïne te vermeerder. Rusland het ook die Donetsk en Luhansk streke, wat pro-Russies is amptelik erken en stuur troepe in vir wat beskryf word as vredesmagte. Wallace sê ‘n inval sal ‘n humanitêre krisis wees. Hy het die Russiese president Vladimir Putin aangemoedig om hom tot ‘n diplomatieke oplossing te verbind: