Nadoodse ondersoek van plaaswerker werp nie veel lig

Die Namibiese polisie in die Karas-streek het die uitslae van die nadoodse ondersoek van die 33-jarige plaaswerker, Edmund Ndaukako, van Lüderitz ontvang. Die uitslag help volgens die streek se koördineerder vir misdaadondersoeke, adjunkkommissaris Chrispin Mubebo, nie veel met die ondersoek nie, want daar is geen aanduidings van vuil spel nie. Die polisie is steeds op soek na inligting en getuies wat kan help om sy dood op te los. Hy is op 14 Februarie as vermis aangemeld en sy liggaam is later in die woestyn gevind.