Dit gaan beter met die plaaslike eierbedryf na groot uitdagings in ’22

Plaaslike eier-produsente het in 2022 groot uitdagings ervaar met goedkoop invoere vanuit Zambië en Suid-Afrika wat groot voorraad ophopings plaaslik veroorsaak het. Die produsente het ‘n vergadering met verteenwoordigers van die handelsministerie gehad om die kwessie aan te spreek. Ná dié vergadering is besluit om een keer ‘n maand te vergader. Rene Wentscher, ‘n plaaslike produsent op Okahandja, sê aan Kosmos 94.1 Nuus sê die volgende vergadering is vir Februarie geskeduleer en die stand van sake is nou beter.