N$15 000 per puttoilet, met N$3 750 eintlik begroot…

Plaaslike media berig dat die streeksraad van Kavango Wes het net meer as 714 000 Namibiese dollar op 48 puttoilette bestee. Dit beteken elke puttoilet het amper 15 000 dollar gekos. Die toilette het ook nie betonmure nie maar is met riet toegemaak omdat dit volgens die streeksbeampte, Mpasi Haingura, te duur was. President Hage Geingob het in sy eerste Harambee-welvaartsplan beloof om die emmer-toiletstelsel in die land uit te wis maar, teen Augustus 2022 het duisende huishoudings in Kunene, Hardap en Karas steeds die stelsel gebruik. In sy tweede plan, het hy weer sanitasie beloof en in die verband was daar beplan op 6 400 toilette teen 2025, teen ‘n koste van 24 miljoen dollar. Dit kom neer op besteding van 3 750 dollar per toilet. Kavango Wes het in die huidige finansiële jaar net meer as 1,5 miljoen dollar in die verband ontvang waarvan die helfte bestee is op 48 toilette wat met riet toegemaak is. Inwoners is blykbaar ontstoke omdat wanneer die put vol is, moet ‘n nuwe toilet gebou word.