Diere-reddingsorganisasie sê meer diere moes gered word

‘n Kaapstadse diere-reddingsorganisasie sê daar was sedert die begin van die jaar ‘n toename in die getal diere wat gered moes word en noodbehandeling nodig gehad het. ‘n Woordvoerder van TEARS Animal Rescue, Lara van Rensburg, sê dit is ‘n regstreekse gevolg van stygende werkloosheidsyfers. Van Rensburg sê hulle het in die 2020/21-tydperk 727 troeteldiere gered, 3 314 diere ingeënt en meer as 6 000 diere gesteriliseer.