Kaapstad stel tenders bekend aan onafhanklike kragprodusente

Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het aangekondig die stadsraad stel die eerste ronde tenders bekend vir die verkryging van krag vanaf onafhanklike produsente. Hy het die aankondiging gedoen tydens die openingsitting van die Sonkrag Afrika-konferensie. Hill-Lewis sê die stad gaan in die komende maande tot 300 megawatt hernubare energie bekom. Hy verduidelik voorstelle vir projekte van tussen vyf en 20 megawatt sal hulle toegang gee tot ‘n betroubare kragvoorraad.