Afriforum: Gesondheidswetsontwerp kom neer op nasionalisering

Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het gister sy insette oor die Wetsontwerp op die Nasionale Gesondheidsversekering aan die parlementêre portefeuljekomitee oor gesondheid gelewer. ‘n Woordvoerder, Reiner Duvenage, sê die wetsontwerp kom neer op die nasionalisering en monopolisering van die gesondheidsektor. Duvenage sê die wetsontwerp sal katastrofiese gevolge vir Suid-Afrika inhou.