FBI ondersoek Baltimore-brug ongeluk

Die FBI in Amerika het begin het ‘n strafregtelike ondersoek na die ineenstorting van die Francis Scott Key-brug in Baltimore. Die liggaam van nog ‘n vermiste slagoffer is intussen gevind. Ses konstruksiewerkers is dood toe die brug in die Patapsco-rivier ineengestort het nadat dit laat verlede maand getref is deur ‘n groot houerskip, die MV Dali. Twee van hulle kollegas het dit oorleef. Die FBI wil vasstel wat veroorsaak het dat die skip blykbaar krag verloor en van rigting verander het voor dit die staalbrug oor die hawe getref het.