Die Kaap is koud en nat!

Die eerste kouefront vir die winter van 2022 het die Moederstad bereik en die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê dat dele van die Wes-Kaap tussen gister en vandag meer as 120 millimeter reën ontvang het. Kirstenbosch het die hoogste reënvalsyfer gehad met 124 millimeter. In Bellville is sowat 105 mm uit die reënmeter gegooi terwyl die sentrale gebiede van die metro tussen 80 en 90 mm aangeteken het. Fritz Platt, ons korrespondent in die koue en nat Kaapstad, is aan die woord.