Geen verdagtes nog vas oor 11 swartrenosterkarkasse in Etosha

Die woordvoerder van die Namibiese omgewingsministerie, Romeo Muyunda, het bevestig 11 swartrenosterkarkasse is sedert die begin van Junie in die Etosha Nasionale Park gevind. Muyunda het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie. Hy doen ‘n beroep op mense met enige inligting in dié verband om dit aan die Namibiese polisie te rapporteer.