Bafana Bafana-speler wil nog sokker speel

Sokker: Die voormalige Bafana Bafana en AmaZulu FC-ster, Siphiwe Tshabalala, sê hy is steeds vasbeslote om aan te hou met sokker speel. Die 37-jarige middelveldspeler sê al is hy sonder ‘n klub na die 2020/2021-seisoen, beoog hy om binnekort terug te keer na die veld. Tshabalala sê sy aandag is tans gevestig op sy stigting wat vloedslagoffers in KwaZulu-Natal bystaan. Tshabalala is bekend daarvoor dat hy die eerste doel aangeteken het in ‘n gelykop-wedstryd tussen Suid-Afrika en Mexiko by die 2010 Wêreldbeker in Suid-Afrika.