Die grootste goudklont wat ooit gevind is, het soveel soos ‘n man geweeg

John Deason was die seun van ‘n visserman en ‘n vriend van sy toekomstige sakevennoot, Richard Oates. Toe die Australiese Goudstormloop in 1851 in Nieu-Suid-Wallis begin het, het albei se lot verander. Honderde duisende prospekteerders het na die Outback geïmmigreer in die hoop om onder die gelukkiges te wees wat goud ontdek. Terwyl die mans hier en daar klein goudklontjies gekry het, het hulle gesukkel en het op inkomste uit hul klein plase staatgemaak om hul prospekteeroperasie te finansier. Na 15 jaar se swoeg en sweet, het Deason sy slegte geluk verbreek met wat later bekend sou word as die “Welcome Stranger” goudklont. Teen ‘n yslike 72 kilogram, was die goudklont in kwarts omhul en in die wortels van ‘n boom verstrengel gevind. Hulle en die goudklont het ‘n skare na die London Chartered Bank gelok, wat vereis het dat ‘n konstabel geroep word. Die “Welcome Stranger” was egter te groot om op die bank se skaal te pas. Voordat ‘n foto geneem kon word, is die klont uitmekaar gebreek om geweeg te word. Dit het vyf ure geneem om dit in klein genoeg stukkies op te breek. Deason en Oates het meer as 9,400 pond verdien. Dit sou vandag gelykstaande wees aan ‘n bietjie meer as 1,3 miljoen pond, of ongeveer 31 miljoen Namibiese dollar. ‘n Soortgelyke hoeveelheid goud sal vandag ongeveer 3 miljoen pond, oftewel 72 miljoen dollar behaal.

Foto verskaf: Replica of Welcome Stranger Nugget (Photo: Rodney Start / Museums Victoria)