Vier sterf in mesaanval in Amerika

Vier mense, insluitend ‘n tienermeisie, is dood en minstens vyf is in mesaanvalle beseer nadat ‘n man op verskeie adresse in Rockford in die Amerikaanse deelstaat Illinois toegeslaan het. ‘n Twee-en-twintig-jarige verdagte is gistermiddag in hegtenis geneem. Die plaaslike polisie het nog niks oor ‘n moontlike motief gesê nie. Die vermoordes is ‘n 15-jarige meisie, ‘n 63-jarige vrou en twee mans van 49- en 22-jaar oud.