Namcor se Konjore geskors, maar nie beskuldig

Bonifatius Konjore, die uitvoerende hoof in beheer van inligting- en kommunikasietegnologie by Namcor, is geskors. Dit volg op bewerings dat 68 miljoen Namibiese dollar betaal is vir ‘n organisatoriese bedryf-sagtewarestelsel wat glo nie ten volle funksioneer nie. Die skorsing is aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig deur Namcor se woordvoerder, Paulo Coelho. Hy sê dié verwikkeling dui nie op skuld of ‘n oortreding nie, maar is standaard prosedure om ’n regverdige en ’n onpartydige proses te verseker.