Derde Covid-vlaag bereik Wes-Kaap

Die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement sê dat hy nou op ‘n gereelde basis nog meer van sy Covid-19-reaksie planne sal aktiveer om die toename in hospitaal-opnames te akkommodeer. Gesondheidshoof, dr. Keith Cloete, sê met dié provinsie se hoeveelheid infeksies wat oor die afgelope week met meer as 60 persent toegeneem het, het die derde vlaag uiteindelik die provinsie bereik. Ons Kaapse korrespondent, Fritz Platt, is aan die woord.