Ariamsvlei-grenspos nog tot môremiddag gesluit

Die Ariamsvlei-grenspos is vandag en vir die helfte van môre vir ontsmetting gesluit. Die suidelike grenspos sal na verwagting môremiddag omstreeks twee-uur heropen. Patrick Tongo, die waarnemende adjunkdirekteur vir doeane, in die suidelike streek onder Namibië Inkomste-agentskap, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.