Voormalige Namibiese premier: Medelye aan Kaunda

Kenneth Kaunda, stigterspresident van Zambië, is in die ouderdom van 97 oorlede. Die Zambiese President, Edgar Lungu, het gister die land versoek om vir Kaunda te bid nadat hy in die hospitaal opgeneem is. Dr. Libertina Amathila, die voormalige Namibiese eerste minister en ‘n bevrydingsheld, onthou Kaunda soos ‘n vader. Amathila het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.